Peuselhappie
'n Peuselhappie of versnapering is 'n klein porsie voedsel wat gewoonlik tussen maaltye geëet word.[1] Versnaperings kom in 'n verskeidenheid vorme voor, insluitend verpakte peuselhappies en ander verwerkte voedsel, sowel as items wat van vars bestanddele by die huis voorberei word.
Tradisioneel word peuselhappies uit 'n aantal bestanddele opgedis wat algemeen by die huis beskikbaar is sonder 'n groot mate van voorbereiding. Dikwels word kouevleis, vrugte, oorskietkos, neute, toebroodjies en lekkers as versnaperinge gebruik. Met die ontstaan van verskeie geriefswinkels het verpakte versnaperinge 'n aansienlik winsgewende besigheid geword.
Peuselhappies is tipies ontwerp om draagbaar, vinnig en bevredigend te wees. Verwerkte peuselkos, as een vorm van geriefskos, is ontwerp om minder bederfbaar, meer duursaam en meer draagbaar as voorbereide kosse te wees. Hulle bevat dikwels aansienlike hoeveelhede versoeters, preserveermiddels en aantreklike bestanddele soos sjokolade, grondboontjies en spesiaal ontwerpte geure (soos gegeurde aartappelskyfies). Afgesien van die gebruik van bymiddels, is die lewensvatbaarheid van die verpakking so, dat voedselkwaliteit sonder agteruitgang bewaar kan word, ook belangrik vir kommersialisering.[2]
'n Peuselhappie wat kort voor slaaptyd of gedurende die nag geëet word, word 'n "slaaptydhappie", "laatnaghappie" of "middernaghappie" genoeVerskiieem.



Voedingswaarde
[wysig | wysig bron]Regeringsliggame, soos Health Canada, beveel aan dat mense 'n doelbewuste poging aanwend om meer gesonde, natuurlike versnaperinge, soos vrugte, groente, neute en graankorrels te eet, terwyl hulle hoë-kalorie, lae-voedingstowwe gemorskos vermy.[3]
'n Studie in 2010 het getoon dat kinders in die Verenigde State gemiddeld ses keer per dag peusel, ongeveer twee keer so gereeld as Amerikaanse kinders in die 1970's.[4] Dit verteenwoordig verbruik van ongeveer 570 kalorieë meer per dag as wat Amerikaanse kinders in die 1970's verbruik het.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Snack". Dictionary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 13 Maart 2011.
- ↑ Willhoft, Edward M.A. (1990). "Packaging for the Preservation of Snack Food". Booth, R.G. (eds) Snack Food: 349-371. doi:10.1007/978-1-4613-1477-6_18.
- ↑ "Smart Snacking - Canada's Food Guide". Health Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2011. Besoek op 13 Maart 2011.
- ↑ "New Trend Shows Kids Snacking Every Few Hours". NPR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2011. Besoek op 11 Maart 2010.
- ↑ "American Diet Then and Now: How Snacking Is Expanding the Country's Waistline - ABC News". ABC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2016.