Wikipedia:Geselshoekie

Sien ook:
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking van die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
2004-06 | 2007-09 | 2010 |
2011 | 2012 | 2013 |
2014 | 2015 | 2016 |
2017 | 2018 | 2019 |
2020 | 2021 | 2022 |
2023 | 2024 | 2025 |
Hoe word 'n argief aangelê? |
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Saadjies
[wysig bron]Gemeenskap, ons word tans toegegooi met saadjies en ons kan nie so aangaan nie. Ek vra weer: kan ons as 'n gemeenskap die definise van 'n saadjie defineer as 'n artikel van maks. 4 sinne sonder bronne? Enige iets groter sonder bronne word as sodanig aangedui en gaan deur die Geen Bronne proses. Saadjies en rooiskakels het een ding in gemeen: dit stimuleer nie groei nie soos die hoop was nie. Die akademici kyk met 'n negatiewe oog na ons horde saadjies... Groete! Oesjaar (kontak) 08:06, 3 April 2025 (UTC)
- Stem saam. ~ Burgert (kontak) 09:10, 3 April 2025 (UTC)
- Reg so. Thermofan (kontak) 04:21, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar is jou probleem met die hoeveelheid artikels met 'n "Saadjie" sjabloon, of met die hoeveelheid artikels wat kort is?
- Ek dink nie die Sjabloon beteken veel nie. Dit is maar net 'n maklike manier om kort artikels te merk vir uitbreiding.
- As jou probleem is met die kort artikels, dan is jy ook te blameer vir die probleem. Duisende artikels oor spesies wat net 'n kantbalk en 'n paragraaf van inhoud het is 'n saadjie volgens meeste mense se definisie van dit op Wikipedia.
- Persoonlik het ek glad nie 'n probleem daarmee nie. 'n Saadjie oor 'n olimpiese deelnemer is net so belangrik soos 'n saadjie oor 'n plantspesie. Nie al ons lesers stel belang in sport nie, en nie al ons lesers stel belang in plantkunde nie. Ons moet probeer om inhoud vir almal te skep. - Rooiratel (kontak) 09:09, 4 April 2025 (UTC)
- Reg so. Thermofan (kontak) 04:21, 4 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar en Rooiratel: wat dink julle daarvan om 'n saadjie vir elke spesie te skep? En wat van 'n saadjie vir elke nedersetting? Iets soos wat Lsjbot op die Sweedse Wikipedia gedoen het. Dit kan ons artikeltal tot bo 5 miljoen stoot, dus sal dit 'n aansienlike impak op ons statistieke hê. – Pynappel (kontak) 10:58, 4 April 2025 (UTC)
ASSEBLIEF TOG NIE Pynappel! As jy dit doen, word ons dadelik die stinkmuishond van Wikipedia. Ek was lank reeds aktief op die Cebuano Wikipedia toe "article count approaching 5 million" daar ter sprake gekom het en invloedryke bydraers (wêreldwyd) verag absoluut daai 5-miljoen botgeskepte artikels my vriend!
Aliwal2012 11:41, 4 April 2025 (UTC)
- Kom ons sorteer eers die taksoboks probleem uit alvorens ons aangaan met die volgende stap anders word die instandhoudings probleme net groter. Groete! Oesjaar (kontak) 11:16, 4 April 2025 (UTC)
- Wat van 10,000 botgeskepte saadjies oor die grootste nedersettings volgens bevolking? Nadat ons die taksonsjablone afgehandel het, natuurlik. – Pynappel (kontak) 12:25, 4 April 2025 (UTC)
- Kan jy nie lees nie?
Aliwal2012 12:32, 4 April 2025 (UTC)
- Ek het jou boodskap nou weer noukeurig deurgelees. Jy praat van 5 miljoen, ek praat van 10,000. Kyk ek iets mis? – Pynappel (kontak) 12:40, 4 April 2025 (UTC)
- @Pynappel persoonlik dink ek die volgende bladsye sal die meeste impak lewer: meta:List_of_articles_every_Wikipedia_should_have/Expanded. Daar is 'n klomp "kategorieë", en as jy 'n saadjie vir elk een van die bladsye wat ons nog steeds nie het nie kan skep sal dit baie beteken.
- Hierdie artikels is die wat op amper elke wiki bestaan, en dus is dit onderwerpe wat vir mense wêreldwyd van belang is. - Rooiratel (kontak) 12:48, 4 April 2025 (UTC)
- Ek het jou boodskap nou weer noukeurig deurgelees. Jy praat van 5 miljoen, ek praat van 10,000. Kyk ek iets mis? – Pynappel (kontak) 12:40, 4 April 2025 (UTC)
- Kan jy nie lees nie?
- @Oesjaar en Rooiratel: wat dink julle daarvan om 'n saadjie vir elke spesie te skep? En wat van 'n saadjie vir elke nedersetting? Iets soos wat Lsjbot op die Sweedse Wikipedia gedoen het. Dit kan ons artikeltal tot bo 5 miljoen stoot, dus sal dit 'n aansienlike impak op ons statistieke hê. – Pynappel (kontak) 10:58, 4 April 2025 (UTC)
Final mod.: Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines
[wysig bron]The proposed modifications to the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines and the U4C Charter are now on Meta-wiki for community notice in advance of the voting period. This final draft was developed from the previous two rounds of community review. Community members will be able to vote on these modifications starting on 17 April 2025. The vote will close on 1 May 2025, and results will be announced no later than 12 May 2025. The U4C election period, starting with a call for candidates, will open immediately following the announcement of the review results. More information will be posted on the wiki page for the election soon.
Please be advised that this process will require more messages to be sent here over the next two months.
The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review was planned and implemented by the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
-- In cooperation with the U4C, Keegan (WMF) (talk) 02:04, 4 April 2025 (UTC)
Storting
[wysig bron]Gemeenskap, baie dankie aan @Woordgenoot: vir die artikel oor Storting (Noorse parlement). Ek het net 'n versoek: kan ons dié artikel asseblief skuif na Storting, aangesien daar vier rooi skakels is wat wag om blou te word (almal met dieselfde betekenis)? Ek hoor graag julle menings! Groete. -- SpesBona 13:15, 14 April 2025 (UTC)
- @SpesBona:, storting kan ten minste drie betekenisse hê. Ek sal voorstel dat bogenoemde net so bly en ons dalk eerder 'n dubbelsinnigheidsblad genaamd Strorting open. Groete! Oesjaar (kontak) 13:32, 14 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: kyk maar wat van nl:Storting kan ons gebruik? Dan moet ons 'n dubbelsinnigheidsblad skep. Groete. --
SpesBona 13:40, 14 April 2025 (UTC)
- Ek stem saam met Oesjaar, die bladsy se titel moet bly soos dit is, en Storting moet 'n dubbelsinnigheid wees. - Rooiratel (kontak) 15:33, 14 April 2025 (UTC)
Uitgevoer @Oesjaar, Rooiratel, en Woordgenoot: baie dankie vir dié nuwe artikel. Groete. --
SpesBona 18:15, 14 April 2025 (UTC)
- Ek stem saam met Oesjaar, die bladsy se titel moet bly soos dit is, en Storting moet 'n dubbelsinnigheid wees. - Rooiratel (kontak) 15:33, 14 April 2025 (UTC)
- @Oesjaar: kyk maar wat van nl:Storting kan ons gebruik? Dan moet ons 'n dubbelsinnigheidsblad skep. Groete. --
Die voorblad...
[wysig bron]Gemeenskap, ek sien die voorblad gee kodeblokkies vir die kleure, is dit reg? Moet dit nie eerder kleure self gegee het nie? Groete! Oesjaar (kontak) 05:22, 15 April 2025 (UTC)
Artikel oor Bot-geskepde artikels...
[wysig bron]Gemeenskap, lees die volgende: Bot -artikels Groete! Oesjaar (kontak) 07:34, 15 April 2025 (UTC)
- Dankie Oesjaar, gelees.
Aliwal2012 08:33, 15 April 2025 (UTC)
Paarl Post
[wysig bron]Gemeenskap, loer asb na bogenoemde! Ek dink die mense misbruik ons Wikipedia as bemarking. Julle mening asb. Groete! Oesjaar (kontak) 09:40, 16 April 2025 (UTC)
- Ja beslis, ek het die bemarking/pronk terug gerol! Plaas skryf Rasaad 'n paar nuwe wiki-artikels in sy vrye tyd!
Aliwal2012 09:57, 16 April 2025 (UTC)
Ukraine's Cultural Diplomacy Month 2025: Invitation
[wysig bron]
Help met die vertaal na uw taal
Hello, dear Wikipedians!
Wikimedia Ukraine, in cooperation with the MFA of Ukraine and Ukrainian Institute, has launched the fifth edition of writing challenge "Ukraine's Cultural Diplomacy Month", which lasts from 14th April until 16th May 2025. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design, and cultural phenomena of Ukraine that are now part of world heritage. We accept contributions in every language!
The most active contesters will receive prizes.
If you are interested in coordinating long-term community engagement for the campaign and becoming a local ambassador, we would love to hear from you! Please let us know your interest.
We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia in your language! Also, we plan to set up a banner to notify users of the possibility to participate in such a challenge! OlesiaLukaniuk (WMUA) (talk)
16:10, 16 April 2025 (UTC)
Wikimedia Suid-Afrika-beurse vir die 2025 Wikimania-konferensie
[wysig bron]Goeienaand almal
Ek verdrink tans in universiteitswerk, maar dis oukei. Ek wil net graag hierdie boodskap plaas om die Suider-Afrikaanse Afrikaanssprekende gemeenskap uit te nooi om aansoek te doen vir een van ses beurse wat deur die Wikimedia Suid-Afrika-afdeling befonds word om die 2025 Wikimania-konferensie in Nairobi, Kenia, by te woon.
Aansoeke sluit Sondag, 20 April 2025. U kan meer oor die beurs lees deur hierdie bladsy op Meta te besoek. U kan toegang tot die aansoekvorm kry via hierdie skakel: Wikimania 2025 Local Scholarship | Registration Form
Ons sien daarna uit om julle aansoeke te beoordeel! ;)
Laat dit goed gaan,
Jan-Hendrik
WMZA-Raadslid
Lefcentreright (kontak) 22:07, 16 April 2025 (UTC)
Vote now on the revised UCoC Enforcement Guidelines and U4C Charter
[wysig bron]The voting period for the revisions to the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines ("UCoC EG") and the UCoC's Coordinating Committee Charter is open now through the end of 1 May (UTC) (find in your time zone). Read the information on how to participate and read over the proposal before voting on the UCoC page on Meta-wiki.
The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review of the EG and Charter was planned and implemented by the U4C. Further information will be provided in the coming months about the review of the UCoC itself. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
In cooperation with the U4C -- Keegan (WMF) (talk) 00:34, 17 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, die artikel verwys na 'n vrou en die bronne na man. Dit bestaan ook nie op die Engelse Wikipedia nie. Kommentaar asb. Groete! Oesjaar (kontak) 18:48, 17 April 2025 (UTC)
- Haar man Trần Thiện Khiêm is noemenswaardig (was eerste Minister van Suid-Viëtnam) en het 'n Engelse Wikipedia bladsy. (Wat haar nie eers noem nie) Ek kon niks kry wat haar as noemenswaardig sou kon reken nie. Hulle het na die oorname van Suid-Viëtnam na Amerika gevlug. So twyfelagtig of sy noemenswaardig is, behalwe as iemand ander iets kan vind. Sobaka (kontak) 19:42, 17 April 2025 (UTC)
- Die bronne wat in die artikel aangehaal word, dui nie op noemenswaardigheid nie, plus die bronne is redelik swak (een is letterlik 'n Wordpress-blog). Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 21:08, 17 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, loer asb deur dié artikel. Dit is uitgebrei van 6k tot 24k deur Gebruiker:Rethabloem, sonder dat sy een enkele bron weergegee het waarmee die feite nagegaan kan word (volgens Wikipedia-beleid). Hierdie gebruiker is die nuut aangestelde rektor van die kollege volgens hulle webblad. Hierdie artikel is nie neutraal nie, geskryf grotendeels as bemarking, bevat vele menings sonder statistiek om dit te beaam, en soos ek reeds gesê het, geen bronne nie.
As ons een skool toelaat om so te werk moet ons almal toelaat en julle kan net dink die gemors wat dit sal afgee!
Dit is ironies dat die Afrikaanse Wikipedia, wie se grootste vyand deesdae skole is (skole laat nie verwysings na Wikipedia toe nie), wel goed genoeg is vir skole om vir onder andere bemarking gebruik te word!
Julle mening asb!
Groete! Oesjaar (kontak) 17:50, 23 April 2025 (UTC)
- Nota: Taalversorsing van bg. deur jy-weet-wie. 20:20, 23 April 2025
- Ja dit is 'n probleem en ons skole-artikels is reeds 'n gemors om juis hierdie redes. Daar is ander voorbeelde. Die waarskuwingsjablone boaan help 'n bietjie. JMK (kontak) 19:33, 24 April 2025 (UTC)
- Kan ons miskien nie ons eie beleid opstel wat ons in 'n skool-artikel soek nie? Dit is 'n probleem wat herhaaldelik gaan voorkom.
- Ek was twee dae gelede in die dorpsbiblioteek, en heel toevallig kom ek op die boek Paarlvallei (1987) af. Dit gee saaklik weer hoeveel leerlinge daar is, maar dit sê absoluut niks waarna ek eintlik gesoek het nie. Vat nou maar Paarl Gimnasium. Dit sê nie vir my of "gimnasium" beteken daar is voorheen Latyn en Grieks aangebied, soos dit wel in Nederlands beteken nie. Dit sê nie vir my watter vakke aangebied is en hoe dit stelselmatig verander is met die nuwe leerplanne nie. Mag prospektusse gebruik word?
- En nog iets - biografiese inligting. Ek sit in die biblioteek toe vir 'n uurtjie en lees Con de Villiers se outobiografie deur, en baie mense sal hulle ervarings in 'n skool meedeel. As jy die subjektiwiteit skrap, is daar wel nuttige inligting wat jy kan uitvis. In hierdie geval kom ek te wete wie die onderwysers in sy tyd was, maar ook dat die taalmedium in Caledon toe Engels was, maar dat die onderwysers se moedertaal dikwels nie Engels was nie, maar eerder Duits of Afrikaans, en dit het ook die aanbieding op 'n manier beïnvloed. Mag so iets as sodanig gebruik word? Suidpunt (kontak) 11:37, 26 April 2025 (UTC)
- Dit kan beslis 'n nuttige bron wees. Enigiemand sal kan sien waar die inligting vandaan kom – dit is gepubliseer. Con de Villiers het ook meer waardevolle genealogiese inligting gepubliseer, en is dus nie 'n onbekende nie. JMK (kontak) 14:32, 27 April 2025 (UTC)
- As die skole selfs hul jaarblad aanhaal, dan weet ons wat om daarvan te dink. Maar in stede kom stort hulle net hul rommel hier, sonder outeur of bladsynommer. 'n Negatiewe en opportunistiese (ironiese) houding teenoor wikipedia, soos Oesjaar uitwys. Daar is soveel tydverkwisting op skole (hulle ontken dit) dat ek dink hulle gerus "wikipedia" as skoolvak kan invoer. Hoe kan 'n leerling slegter daaraan toe wees, as hy/sy een keer in hul lewe bietjie navorsing (na bronne) moes doen, 'n artikel opgestel het met inleiding, goed gesorteerde hofies, en afsluiting, en geleer het hoe om verwysing-sjablone te gebruik om jou stellings te ondersteun? Dit moet die eerste stap wees na 'n werklike navorsingsloopbaan. JMK (kontak) 06:29, 28 April 2025 (UTC)
- Stem volkome saam met jou JMK, veral oor navorsing. Deesdae se kinders is te lui om iets self te gaan soek (navors), hulle sit/lê net ure lank en staar na slimfone se ligskerms wat hulle oë opdons!
Aliwal2012 07:19, 28 April 2025 (UTC)
- Stem volkome saam met jou JMK, veral oor navorsing. Deesdae se kinders is te lui om iets self te gaan soek (navors), hulle sit/lê net ure lank en staar na slimfone se ligskerms wat hulle oë opdons!
- As die skole selfs hul jaarblad aanhaal, dan weet ons wat om daarvan te dink. Maar in stede kom stort hulle net hul rommel hier, sonder outeur of bladsynommer. 'n Negatiewe en opportunistiese (ironiese) houding teenoor wikipedia, soos Oesjaar uitwys. Daar is soveel tydverkwisting op skole (hulle ontken dit) dat ek dink hulle gerus "wikipedia" as skoolvak kan invoer. Hoe kan 'n leerling slegter daaraan toe wees, as hy/sy een keer in hul lewe bietjie navorsing (na bronne) moes doen, 'n artikel opgestel het met inleiding, goed gesorteerde hofies, en afsluiting, en geleer het hoe om verwysing-sjablone te gebruik om jou stellings te ondersteun? Dit moet die eerste stap wees na 'n werklike navorsingsloopbaan. JMK (kontak) 06:29, 28 April 2025 (UTC)
- Dit kan beslis 'n nuttige bron wees. Enigiemand sal kan sien waar die inligting vandaan kom – dit is gepubliseer. Con de Villiers het ook meer waardevolle genealogiese inligting gepubliseer, en is dus nie 'n onbekende nie. JMK (kontak) 14:32, 27 April 2025 (UTC)
- Ja dit is 'n probleem en ons skole-artikels is reeds 'n gemors om juis hierdie redes. Daar is ander voorbeelde. Die waarskuwingsjablone boaan help 'n bietjie. JMK (kontak) 19:33, 24 April 2025 (UTC)
AI-scrapers
[wysig bron]@Rooiratel: en @Pynappel:, julle mening oor die artikel soos verskyn op Wikipedia Weekly: Bot Scrapers
Groete! Oesjaar (kontak) 17:58, 23 April 2025 (UTC)
- Dit is 'n goeie ding. Nou gaan daar minder KI-"scrapers" wees wat besoekstatistieke skeeftrek, en hulle kan almal op een plek die data kry en ons uitlos. - Rooiratel (kontak) 19:44, 23 April 2025 (UTC)
- Ek het net 'n vraag, want ek's regtig dom omtrent hierdie storie. As jy na die Duitse statistiek kyk, nè, dan vertoon die "spiders" veelvoudig minder as die "gebruiker"-statistiek. Ons praat van byna 'n miljard bladtrekke per maand. Kyk ek iets mis? Want kyk jy weer na die Afrikaanse Wikipedia, is die syfers omgekeerd. Ek verstaan skielik nie, met hierdie nuwe inligting byderhand, waaroor Wikimedia se maag werk nie. Of is bots nou so intelligent dat hulle soos mense lyk en optree? Of word dit nie by die statistiek getel nie? Suidpunt (kontak) 11:27, 26 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is 'n 16-jarige klubsokkerspeler en daar is nie 'n artikel oor hom op die Engelse Wikipedia nie. Die bronne is in 'n vreemde taal. Julle gedagtes? Groete! Oesjaar (kontak) 09:59, 25 April 2025 (UTC)
- Daar is nogal heelwat berigte in Deens (vermoed ek) op die Internet oor hom. Die Noorse, Oekraïense en Russiese Wikipedia het artikels oor hom en dit lyk nie of dit op daardie Wikipedias bevraagteken word nie. Mag miskien nou nie juis te belangrik by ons wees nie, maar dink tog dit voldoen aan die minimum vereistes. Miskien tog 'n opkomende sokkerster? Sobaka (kontak) 09:29, 26 April 2025 (UTC)
Gemeenskap, daar is amper 4k tot die artikel toegevoeg sonder enige bronne. Dit gaan oor 'n sensitiewe onderwerp. Ek beveel aan ons rol terug. Groete! Oesjaar (kontak) 10:45, 25 April 2025 (UTC)
- Sien die skepper van die artikel het nou verwysings bygevoeg. Sobaka (kontak) 19:28, 25 April 2025 (UTC)
Sal iemand asseblief so gaaf wees om die bogenoemde sjabloon op die Engelse Wikipedia in Afrikaans te vertaal? Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 20:44, 27 April 2025 (UTC)
Sub-referencing: User testing
[wysig bron]
Apologies for writing in English, please help us by providing a translation below
Hi I’m Johannes from Wikimedia Deutschland's Technical Wishes team. We are making great strides with the new sub-referencing feature and we’d love to invite you to take part in two activities to help us move this work further:
- Try it out and share your feedback
- Please try the updated wikitext feature on the beta wiki and let us know what you think, either on our talk page or by booking a call with our UX researcher.
- Get a sneak peak and help shape the Visual Editor user designs
- Help us test the new design prototypes by participating in user sessions – sign up here to receive an invite. We're especially hoping to speak with people from underrepresented and diverse groups. If that's you, please consider signing up! No prior or extensive editing experience is required. User sessions will start May 14th.
We plan to bring this feature to Wikimedia wikis later this year. We’ll reach out to wikis for piloting in time for deployments. Creators and maintainers of reference-related tools and templates will be contacted beforehand as well.
Thank you very much for your support and encouragement so far in helping bring this feature to life!Johannes Richter (WMDE) (talk) 15:03, 28 April 2025 (UTC)
@Rooiratel: en @Pynappel:, as julle kans kry en loer hierna. Ek het al moed opgegee met al die Verbeteringe wat ons kry... Verduidelik dit dan in Afrikaans aan 'n outop soos ek! Groete! Oesjaar (kontak) 15:10, 28 April 2025 (UTC)