Zidanta I
Zidanta I | |
---|---|
Koning van die Hetiete | |
Bewind | c. 1560-'50 v.C. (middelchronologie) |
Voorganger | Hantili I |
Opvolger | Ammoena |
Gade | [...]sa/ta, doger van Hantili I[1] |
Kinders | Ammoena[2] |
Familie | Hoezzija I (kleinseun) |
Zidanta I was 'n koning van die Hetitiese Ou Koninkryk. Hy het sowat 10 jaar lank regeer, van omstreeks 1560-'50 v.C. (middelchronologie).[3] Volgens die Telepinoe-proklamasie het hy koning geword deur moord.[4][5]
Familie
[wysig | wysig bron]Zidanta was getroud met die dogter van Hantili, skoonseun van koning Moersili I.[6]
Bewind
[wysig | wysig bron]Bewindsoorname
[wysig | wysig bron]Zidanta het sy skoonpa, Hantili, aangespoor en gehelp om Moersili te vermoor en die troon te steel.[7] Hy het daarna vir die res van Zidanta se bewind onder hom gedien.
Troondief
[wysig | wysig bron]teen die einde van Hantili se lewe het Zidanta vir Piseni, die wettige erfgenaam, vermoor, asook Piseni se konders en beste diensknegte, en so het hy gesorg dat hy koning kan word.
Sy bewind het vermoedelik sowat 10 jaar geduur, van omstreeks 1560-'50 v.C. (middelchronologie).[3] Hy is vermoor deur sy eie seun, Ammoena, wat hom opgevolg het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hittite Studies in Honor of Harry A. Hoffner, Jr. deur Harry A. Hoffner, Gary M. Beckman, Richard Henry Beal, John Gregory McMahon
- ↑ Waltraud Sperlich: Die Hethiter, Das vergessene Volk, Jan Thorbecke Verlag GmbH, Ostfildern
- ↑ 3,0 3,1 Kuhrt, Amélie (2020). The Ancient Near East: c.3000–330 BC, Volume One (in Engels). Routledge. p. 230. ISBN 978-1-136-75548-4.
- ↑ Edik van Telepinoe, §18
- ↑ The Kingdom of the Hittites deur Trevor Bryce
- ↑ ''Telepinoe-proklamasie, §13
- ↑ Reign of Mursili I Geargiveer 17 Mei 2012 op Wayback Machine
Skakels
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.